Installieren Sie die genialokal App auf Ihrem Startbildschirm für einen schnellen Zugriff und eine komfortable Nutzung.
Tippen Sie einfach auf Teilen:
Und dann auf "Zum Home-Bildschirm [+]".
Bei genialokal.de kaufen Sie online bei Ihrer lokalen, inhabergeführten Buchhandlung!
Steffi trou met Dawid sodat sy haar erfgeld kan kry. Dis veronderstel om net 'n huwelik in naam te wees, maar op 'n vakansie saam met haar pa op Kreta, moet sy en Dawid tot haar skok 'n bed deel.
Boonop soen Dawid haar skielik tydig en ontydig en wil nie aan sy kant van die bed bly nie. As sy moet eerlik wees, sy ook nie. Maar die nagmerries uit haar kinderdae pla nog steeds. En wat van Henko, die vriend uit haar verlede?
Elize Davies was 'n taaljuffrou en het haar Engelsman in Vanderbijlpark ontmoet. Vier kinders, baie vreugde, hartseer, liefde en lewenslesse later woon sy en haar man tans in Skotland.