Installieren Sie die genialokal App auf Ihrem Startbildschirm für einen schnellen Zugriff und eine komfortable Nutzung.
Tippen Sie einfach auf Teilen:
Und dann auf "Zum Home-Bildschirm [+]".
Bei genialokal.de kaufen Sie online bei Ihrer lokalen, inhabergeführten Buchhandlung!
Ná 'n huwelik vol leuens en ontrou, is Riana klaar met mans. Tot sy een aand op aandrang van haar vriendinne 'n spoedafspraak-geleentheid bywoon en vir Jacques ontmoet. Jacques is aantreklik, selfversekerd en laat haar hart vinnig klop. Ná sy egskeiding, het hy net op sy werk gefokus, maar 'n ligte hartaanval het hom sy prioriteite laat heroorweeg. Van die eerste ontmoeting spat die vonke tussen Riana en Jacques. Maar kan hulle dit waag om weer te vertrou en lief te hê?
Louise van der Merwe is al van tienerdae af 'n dromer met haar neus in 'n boek. Louise is met haar eie held getroud en steeds dolgelukkig na drie woelige kinders. Sy is dol oor liefdesverhale want sy is 'n opperste romantikus. Liefde is mooi en lekker en raak nooit oud nie! Liefde gee ons ook hoop in 'n donker onregverdige wêreld en al kan sy vir net een persoon ontvlugting bied deur een van haar boeke dan sal sy met 'n tevrede hart kan heengaan.